Saturday, 2024-05-04, 9:13 PMMain | Sign Up | Login

Site menu

Search

Login

Entries archive

Statistics


Total online: 1
Guests: 1
Users: 0
History
BETHESDA FAITH MISSION CHURCH IN THE REPUBLIC OF NAMIBIA Kerk Geskiednis: * Diensdag 28 Junie 2005: was die Laaste aand van bediening vir Ouderling Gerhardt Kariseb en Ouderling Ruth Karises in Eben Ezer Pinkster Kerk. Hierdie aand het Ouderling Karisebs hulle besluit na die bediening met Helper Hoxobeb, en Suster Evelyn !Hoaes gedeel dat dit die laaste dag was by Eben Ezer. Br. Hoxobeb en Suster Evelyn !Hoaes het ook saam gestem dat dit ook hul laaste dag was en so het hierdie storie sekerlik in die aand versprei. * Woensdag 29 Junie 2005: ‘ het Groep mense by ouderling hulle se huis vroeg more vergader. Hulle was Br. & Suster Gaesebs, Suster Astaline Guises, Helper Petrus Hoxobeb, Suster Eveline !Hoaes, Kort nadat hierdie mense vergarder het, het Suster Astaline Guises, vir Jeugleier Van Wyk, Br. Chris Ouseb en Boetie Kennedy Kruger gebel. Die jeugleier se vrou, Suster Van Wyk was op hierdie oomblik weg met werk by Bambasti. In hierdie vergardering was ‘ besluit geneem dat almal die Heilige Gees leiding moet soek, en dat hulle eers net by Ouderling Kariseb’s se huis moet bid. Daar was tans geen idee of beplaning om ‘n kerk te stig nie. * Donderdag 30 Junie 2005 het die eerste gebidsgroepie begin hierna het die gebidsuur elke dag voortgeduur. * Saturdag 2 Julie 2005: Voor elke vergardering het ons deurgebid om geestelik te bly en om leiding te soek. Na gebid het Helper Petrus /Hoxobeb voorgestel: "hoekom begin ons nie ons eie diens nie en laat Ouderling Kariseb vir ons as Pastoor moet lei omdat hulle ons leier by Eben Ezer was” en die groep het die voorstel aanvaar. Toe het Ouderling Kariseb die voorstel geweier en gese; "ek is nie gereed om die kerk te stig nie maar net om te bid en leiding van die Here te soek….” Helper /Hoxobeb het verder gepraat en gese: "waar gooi ouderling vir ons weg, ons wil deur u gelei word” maar Ouderling Kariseb het hierdie dag stil gebly. * Sondag 3 Julie 2005: Die groep het weereens bymekaar gekom en deurgebid, hierna het die uitstaande bespreking van die vorige dag weer opgeduik, omtrent die vraag, waar gooi u vir ons weg u kan vir ons lei..? Moet ons, ons eie diens begin, en sal Ouderling Kariseb ons lei as Pastoor? Ouderling Kariseb en sy vrou het die vorige aand alleen die vrae behandel en het met ‘n antwoord in Sondag se vergadering gesit en het die besluit aanvaar. Hierna is die vaste besluit geneem omtrent die saak. * Sondag 3 Julie 2005 Namiddag: Het die groep weer bymekaar gekom en bespreek dat hulle ‘n Kerk naam moet gee. Die besluit is geneem dat die naam nie uit die groep moet kom nie maar dat die Here die saak moet openbaar en dat die naam n saak van die Here is. Ons het gebid oor die saak en die openbaring het gekom van ouderling /Hoxobeb Petrus. Op n ander geleentheid is Suster Astaline Guises gevra om met Ouderling Zebedius /Uiseb by Antie Deborah se seun se troue ontmoet en met hom gepraat om die groep te ondersteun. * Op 26 Junie 2005 het Suster Guises hom oor lidmaatskap gebel, en Ouderling /Uiseb het saamgestem. Hy is uitgenooi op 9 Julie 2005 dat ons n vaste besluit kon neem omtrent die saak maar hy het die vergadering nie bygewoon nie. Teen dié tyd het ons nog in elk geval leiding vir die kerk se naam gesoek. Die voorstelings was: Genesings Ministries, Smerna, Berkamos, Nuwe Hemel en Nuwe Aarde, Jesus Christus Ministries, Blydskap Ministries, Heiligmaking Ministries, Heilige Priesterdom, Broederliefde Ministry, Horeb Pinkster Kerk, Piniel Pinkster Kerk, Grace Pentecoastal Church, Namibia Faith Ministry, Evangelical Faith Ministry. Maar nadat hierdie name opgekom het, het die name deurmekaar geraak. Ons het al die name gestaak, ons het gevoel dat ons ons eie rigting volg en het alles laat staan vir die leiding van die Here vir verdere duidelikheid. * Maandag 4 Julie 2005: Op die spesefieke dag het die greop eenparig besluit om in die klaskamer van Tegniese skool te gaan dien en besluit is aanvaar en die groep het Broer Gaeseb afgevaardig om aansoek te doen vir die Klaskamer. Die groep het voorheen in Ouderling Kariseb sitkamer gedien. * Diensdag 5 Julie 2005 in die aand: Het Helper /Hoxobeb ‘n droom gehad dat die naam van die Kerk moet "Betesda” wees en hy het ook ‘n skrif in hierdie droom gehad "Johannes 5:4-15.” Suster Eveline !Hoaes het ook ‘n openbaring gekry dat ‘n lig pers hoek steun weggegooi hierdie steun het n hoeksteen geword. Want hierdie twee openbarings het ons besluit dat die kerk drag pers sal wees en dat die Kerk se naam Betesda moet wees. * Woensdag 6 Julie 2005: Het ons antwoord gekry dat ons mag in die klas kamer bediening hou. * Donderdag 7 Julie 2005: Het ons aamptelik ons eerste bediening by die klas kamer gehad. Ons het onder die naam Betesda ons bedieninge gehou. Ons het na kerk ‘n besluit geneem dat die vrouens pers roke moet dra en manne swart pakke met ‘n pers hempde. Teenwoordig op hierdie dag was: - Bishop Kariseb as Pastoor, - Bishop E. Karises as Pastorin, - Helper P. /Hoxobeb, - Helper H. Hoxobes, - Jeug Leier A. Van Wyk, - Br. Effraim Gaeseb, - Suster Else Gases, - Suster Astaline Guises, - Suster Evelyn !Hoaes, - Boetie Winsel Kruger (eerste boetie), - Broer Chris #Auseb, - Br. Gideon Tsauseb, - Ausus Martha /Gamiros (eerste sussie), - Sussie Verdrica !Gaes (eerste susssie) Frydag 10 Julie 2005: Die volgende groep het weer by gekom: Ouma Matilda Haraes, Diaken Habel Haraeb, Diaken Maria Haraes, Br. Michael Guiseb, Br. Ignasius Sidney /Hoxobeb, Suster Florida /Hoxobeb, Br. Claudius !Hoaeb, Jeug Leidster Van Wyk. Die vorige leiers moet van hulle se vorige ampte verhoog word. Ouderling Karisebs was nou Pastoor, Br. en Suster /Hoxobeb’s as ouderling, Br. en Suster Haraebs as ouderling, Br. en suster Van Wyk as Diakens. Frydag 22 July 2005. Het broer elias Karigub ingebel en verneem wat die naam van die kerk is en dat hy ook belangstel, maar dat hy Suid Afrika toe gaan en as hy terugkom eers sal hy vir ons laat weet of hy aansluit of nie. Ons het geantwoord ons het die naam van dien kerk maar ons wag nog op die bevestiging van die Heilige Gees en sy Lyding. Saterdag 23 July 2005: Het ouderling Z./Uiseb en Ouderling Matheus T. Auchab gekom en ons het saterdag bymekaar gekom, en ons het besluit dat ouderlingZebetheus /Uiseb as Pastoor aan te stel langs Pastoor Kariseb. En ouderling Auchab as ouderling aangestel. Ons het by die name van die kerk gekom, en Pastoor /Uiseb het opgekom met Bethesda Evangelical Ministry, Bethesda Spirit Ministry, Bethesda Hope Ministry. Pastoor het ook die Naam Bethesda as naam in openbaring gekry. Ons het vir Pastoor meegedeel dat van ouderling Hochobeb het ook openbaring gekry, van die naam BETHESDA twee mense het die selfde openbarings gehad en dit het bevestig dat die kerk die naam van Bethesda moet kry. Ons het by die ander drie name Bethestda faith Ministry bygevoeg. Toe het ons gaan staan by Bethesda faith ministry. Ons het eers onder die Naam begin dien, en na 4 maande het ons besluit dat ons die kerk moet registreer. Frydag 11 November 2005. Op die datum het ons met die twee name Bethesda Faith Ministry, Namibia Faith ministry. Op die 18November 2005 op n vrydag het ons antwoord gekry dat die kerk afgekeer is ten gunste van die twee name. Ons is beopdrag om drie name in te stuur vir verdere registrasie doeleindes. Op 16 Desember 2005het ons weer registrasie ingestuur, met die volgende 4 name, 1. Bethesda faith Mission, 2. Bethesda Faith Thrinity, 3. Bethesda Faith church and Bethesda Evangelical Mission. Musiek instrumente van die kerk. Hier het ons ook die eerste musiekinstrujente van die kerk gekoop 20 November 2005 by Bears Furnitures. 2 x Speakers, Mixers, 2x mikes tamboeryn, standers en keyboard en stander. Woensdag 11 Januarie 2006: Die kerk was amptelik as Bethesda Faith Mission goedgekeer deur die reggering van die Republik Van Namibie. Hierna het ons die kerk wapen begine soek, ons het eerstens ‘n fontein gesoek waar genesing plaasgevind het volgens Johannes 5:1-15. Daar was nie ‘n fontein in die rekenaar nie en Sussie Ester Karises het ‘n aarbol gekry. Gaan die Hele wereld deur en preek die goeie nuus. Sussie Ester Karises het ook die naam onder die wapen gegee "May God’s grace be upon us all” en dit was iets wat ons voorlopig gedoen het. Maar die Here het ons paar kere verseker dat ons nie oor die wapen moet betywfel nie Het Br. en Suster !Kharigub’s as gemeente lede ingekom. Suster Rigina //Garoes as ouderling het as ouderling ingekom en Br. en Suster !Kharigub was in Betesda aangestel as ouderling om saam met Oud. Regina //Garoes die Swakopmund gemeente te lei. Die eerste gemeente van Swakopmund was Ouderling Regina //Garoes, Oud. !Kharigub pare, Br. en Suster //Arasebs as Diakens, Br. en Suster Paulse as gemeente lede, Suster Doeses as gemeente lid, Sussie Elmiritha /Gases en Sussie !Abiro !Oe-amses (eerste twee sussies van Swakop) en Suster Kamuhake. February 2006: In die jaarbeplannings vergardering was Ouderling !Kharigub pare as pastoor benoem weens die tekortkomming van pastore en die almal teenwoordig by hierdie vergaardering het hermee saamgeste. 14-17 April 2006: Het Bethesda Faith Mission die eerste Konferensie in Khorixas by Ma /hao Womens centre gehou. Die konferensie skrif was jesajas 9:1-6, by hierdie geleentheid het ouderling Elias Kharigub en Ouderling Ester Kharigus as pastore aangestel in April Konferensie. Hier het ons die Konstetusie van die Kerk voorgele by dieselfde konferensie vir die hele algemene Raad en die kerk as geheel. Die ou en die nuwe lede het die konstetusie na bespreking en onderhandeling aanvaar, bevestig.

Office Of The Bishop
Copyright © 2024 Office Of The Bishop BFM | Created By Kariseb Robbins | Make a free website with uCoz